In die ysige Junie-koue brand
daar elke jaar kerse op die grafte
in die Balmoral konsentrasiekampkerkhof buite Bronkhorstspruit.
Dié vlammetjies flikker ter herinnering aan die lewensverlies wat
gevolg het op die afkondiging van
Britse konsentrasiekampwetgewing
op 16 Junie 1900.
Dié wetgewing, bekend as proklamasie
vyf van 1900, is deur Lord
Roberts in die Anglo-Boere-oorlog
afgekondig. Daarvolgens moes die
Britte, as deel van die verskroeide-aarde
beleid, enige Boere wat weerstand
bied se huise afbrand en hulle
vroue en kinders as krygsgevangenes
na kampe wegvoer. Op dié manier kon hulle die Boere weghou
van die kos- en ander voorrade wat
noodsaaklik was om met die stryd
voort te gaan.
Meer as 30 tentekampe is teen die
middel van 1900 geskep en teen
die einde van daardie jaar was die
meeste reeds werkend.
Die grafte
in Balmoral
se konsentrasiekampkerkhof
Foto: Werner
Kruger
Dood
Die kampe was glo nie as uitwissingskampe bedoel nie, maar die
vroue en kinders van aktiewe
Boerekrygers het kleiner voedselporsies
as die res ontvang. Die gebrek
aan higiëne, swak dieët, verhongering en blootstelling aan swak
weersomstandighede het die weg
gebaan vir aansteeklike siektes soos
disenterie, ingewandskoors en
masels. Met die
tekort aan mediese versorging het
dié toestande gelei tot die dood
van ’n kwart van
die mense in die
konsentrasiekampe.
Ongeveer 22 000
kinders jonger as
16 jaar, en 6 000
vroue is in dié
kampe dood.
Minstens vierhonderd
van hulle
het in die
konsentrasiekamp
in Balmoral
gesterf, waarvan
die talle kindergrafte
vandag nog
getuig. Die
gemiddelde ouderdom
van die
kinders wat op
die Balmoral
gedenkplaat genoem word, is
vier jaar.
Net ’n paar name van dié kinders
lui as volg: die twee-maande-oue
Anthony JL Barnard, die ses-maande-oue Helena Bekker, een-jaar-oue
Maria Combrink, twee-maande oue
Cornelius Duvenhage, vyf-maande-oue
Johannes Jacobs en tweemaande-oue Elizabeth Van Rensburg. Baie van die baba’s is begrawe sonder dat hulle nog name gehad het en in hakies agter sekere
name staan daar ‘ongedoop’, soos
by die agt-dae-oue Hester Ferreira
se naam.
Dié foto van Lizzie van Zyl,
besoek deur Emily Hobhouse in die Bloem fontein-konsentrasiekamp, is
een van die bekendste
foto’s van verhongering in
die konsentrasiekampe
Foto: Zuid-Afrikahuis
Balmoral
Balmoral-kamp het relatief laat ontstaan, op 25 Julie 1901, en is ’n
week later in gebruik geneem. Die
kamp is geskep om die oorvloed
mense vanaf die Middelburg en
Belfast-kampe te huisves. Later het
uitgehongerde mans wat in die
Bronkhorstspruit-distrik in die veld
oorleef het, ook by die kamp aangekom. Teen November 1901 het
mans begin in kom van die Lydenburg en Baberton-dstrikte en selfs so
laat as 27 April 1902 het 125 mans
en vrouens by dié kamp aangekom.
Balmoral-kamp was oorspronklik op
die terrein van die ou militêre
kamp, suid van die treinstasie. Die
kamp was nie omhein nie, omdat
die gebied beskerm is deur blokhuise.
Die tente het misvloere gehad en
rommel het oral rondgelê. Daar was
gereeld sandstorms en die hewige
reënstorms het beteken dat stormwater dwarsdeur die tente gestroom
het. In ’n stadium is tien tente omgewaai. Met ’n storm op 18 September 1901 het een van die drie
hospitaaltente aan die brand geraak
terwyl die nagverpleegster, Hester
Vermeulen, na kinders in die tweede tent omgesien het. Die vuur is
eers opgemerk toe die derde hospitaaltent
omgewaai het. Vier kinders
is in dié voorval dood.
Teen ember 1901 was daar tien
hospitaaltente met ’n 18-stuks personeel
om na die pasiënte om te
sien. Tog wou vrouens nie hulle
kinders hospitaaltente toe stuur nie,
omdat daar geen besoektye was nie.
Die vrouens het ook in hulle eie
tente geboorte geskenk en daar was
menige septiese komplikasies ná die
geboortes.
’n Balmoral gedenksteen ter ere
aan die onbekende Boerekind
Foto: Werner Kruger
Skuif
Op 14 Januarie 1902 het die militêre bewindvoerder, generaal Maxwell, die kamp besoek en aanbeveel
dat dit na hoër grond geskuif moet
word, ongeveer ’n myl verder weg.
Alhoewel die hospitaal reeds in
April geskuif het, is die kamp eers in
Junie 1902 geskuif, blykbaar weens
’n tekort aan osse, muile en vervoermiddels.
Toe daar in April 1902 na die nuwe
hospitaalterrein getrek is, was toestande steeds primitief met miershoop-vloere. Die tente was nie
warm genoeg nie en ’n baksteen en
sinkplaat-saal met 12 beddens is
later opgerig vir mense met bors probleme.
’n Kwarantyn-kamp is geskep om
die masel-epidemie onder beheer te
bring en teen die einde van Augustus 1902 was 11 gesinne daar geïsoleer.
Geen besoekers is toegelaat
nie. Met die koms van die somer
het ingewandskoors uitgebreek.
’n Tipiese Anglo-Boere-oorlog konsentrasiekamp
Foto: Zuid-Afrikahuis
Emily
Emily Hobhouse, ’n afgevaardigde
van die ‘South African Women and
Children’s Distress Fund’, het van
die konsentrasiekampe in die Vrystaat besoek en die haglike omstandighede wêreldwyd bekend gemaak.
Haar verslag van vyftien bladsye het
’n opskudding in Brittanje veroorsaak
en het tot die stigting van die
Fawcett-kommissie gelei. het Dié
kommissie het Emily se bevindinge
aan die einde van 1901, ná ’n besoek aan Suid-Afrika, bevestig.
Die
toepassing van die kommissie se
aanbevelings het die jaarlikse sterftesyfer in die kampe in Februarie
1902 reeds na 2% laat daal.
Op 31 Mei 1902 is die Vrede van
Vereeniging geteken, maar dit het
nie beteken dat vrouens en kinders
die konsentrasiekampe kon verlaat
nie. Hulle kon nie huis toe gestuur
word voor hulle nie met hul mans
herenig is nie. Van dié mans was in
oorsese krygsgevangekampe. Baie
weduwees moes op die ou einde
alleen terug gaan na verwoeste
plase en afgebrande huise.
Teen die einde van Oktober 1902
was daar slegs 87 mense in Balmoral se konsentrasiekamp oor. Die
kamp is klaarblyklik teen die einde
van November 1902 toegemaak.
Kerse aan die voet van die
gedenknaald waar die name
van die gestorwenes gegraveer
is met ’n herdenkingseremonie
Foto: Ankoren
|
Brandende kerse op
die Balmoral grafte
in Junie verlede jaar
Foto: Ankoren
. |
Vandaal
Die Balmoral kampkerkhof word
vandag in stand gehou as ’n erfenisterrein.
Die gedenknaald in dié
kerkhof is egter in November verlede jaar beskadig deur Günter
Jurgens Kotzé, wat homself ’n
“Boere-Viking” noem. Hy het gesê
dat hy die gedenknaald se boonste
deel vernietig het omdat dit ’n falliese
simbool is.
Günter is op 1 Desember 2010
skuldig bevind aan opsetlike saakbeskadiging by ’n verhoor in die
Witbankse Magistraatskantoor. Hy
het skuldig gepleit en is tot ses
maande gevangenisstraf gevonnis
wat vir vyf jaar opgeskort is.
Die gedenknaald is reeds herstel.
\
Die ingang na die Balmoral kampkerkhof
met die gedenknaald
Foto: Werner Kruger |