Motorfietsryers help met gestremdes Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 23 April 2008 02:00

?n Suksesvolle fondsinsamelingsprojek vir Qumi-Huis vir intellektueel gestremdes in Rayton is op 5 April gehou.

Jan en Heleen van der Westhuysen het ?n ?bike run? ten bate van diÚ huis by die Cullinan Country Kitchen aangebied met die ondersteuning van Honda-motorfietse, RealNet Eiendomsagente, D2-sangpaar, en Pick?n Pay Rayton.

Motorfietsklubs soos die Cullinanse Diamond Diggers en Johannesburgse Dream Catchers het ook kontant bedrae geskenk. Die plaaslike gemeenskap het met vlooimarkstalletjies hulle ondersteuning gewys en so is ?n aardige bedraggie ingesamel.

Qumi Huis, soos in ?Talita qumi? ? wat ?dogtertjie staan op? beteken, het verlede jaar tot stand gekom. Die Departement van Gesondheid het leiers in die gemeenskap genader om as ko÷rdineerders op te tree en ?n gemeenskapsprojek vir dagsorg en inwoning vir intellektueel gestremdes in die plaaslike gemeenskap tot stand te bring.

Die huis word deur Dr. Paul Lombard, Linda Krause en Marie Jacobs bestuur. Daar is 32 inwoners en drie dagsorg individue. Dagsorg is in die Hervormde kerksaal in Rayton langs die NG Kerk Rayton. Qumi-Huis word bedryf soos ?n gesin, waar saam kosgemaak, boekegevat, wasgoed gewas, tuingemaak, gekuier, sport gekyk, gewerk en op uitstappies gegaan word.

Vir meer inligting, kontak die Qumi- Huis by 082-464-7858 of besoek www.qumihomes.org.

 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger