Kom kuier in ons kontrei Print E-mail
News - Artikels
Wednesday, 23 April 2008 02:00

Ons kontrei het ’n kuier-tradisie wat eiesoortig is aan die gasvrye mense wat die Bronbergwêreld bevolk. As jy ’n ‘local’ is en dink jy ken al die kuierplekke, dink weer – ’n hele paar grênd plekke het hul deure vir plaaslike inwoners oopgemaak. As jy ’n vreemdeling is, dan wys ons jou nou dadelik hoe om jou rigting te vind in ons kuierparadys. Van kuier tot konferensies, van spanbou tot trou – hier wys ons jou waar om te eet, oor te slaap of dalk nag-deur wakker te bly.

Bronberg Lodge
Bronberg Lodge is bekend vir sy wye verskeidenheid en tradisionele geregte. Hieronder tel skaapafval en oxtail in potjies bedien, kaiings en pap, skaapstertjies, skilpadjies (lewer in netvet), Eisbein, heel oondgebakte lamsnek, heel gebakte skaapskenkel, skenkelpotjie, ‘spare ribs’, heel beestong, hoender-flatties op die rooster gebraai, en die alombekende heel gebakte skaapkoppe wat op bestelling bedien word. Dan is daar ook ’n reeks boere-ontbyte en Weskusviskosse soos Weskussnoek, gebraai, gebak of gesmoor, geelstert, kabeljou of geelbek. Vir enige funksie waaraan jy kan dink bied Bronberg Lodge sy ‘venue’ gratis aan. Bronberg Lodge is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkop-pad. Ingang uit Lynnwoodweg. Vir meer inligting, skakel 012-809-0130 of bel vir Faan by 082-820-7339 of vir Hans by 076-452-6182.
Rafters
Rafters Pub & Grill het onlangs ’n ‘facelift’ gehad. Daar is ’n baie ‘trendy’, reuse sinkplaat-en-hout kroeg onder in die ou restaurant gebou met ’n lekker koolstoof vir die winter. Op Woensdagaande is daar ‘karaoke’, die plek is ‘biker-friendly’ gemaak en daar brand elke aand ’n reuse kuier-kampvuur buite. Jy kan braaipakke koop en saam met vriende braai. Die pap en sous word voorsien. Daar is ’n TV vir sport-ondersteuners, ’n aparte afdeling vir private funksies, genoeg parkeerplek en 24-uur sekuriteit. Oop 7 dae per week. Rafters is oorkant Mooikloof op die B-House perseel in Blesbokstraat, net af van Garstfonteinweg-verlenging. Vir meer inligting, skakel 012-480-0466 of 082-455-9705.
Ed’s Place
Ontmoet jou vriende in ’n warm, gemoedelike plattelandse kroeg-atmosfeer ’n blote klipgooi uit die stad uit. Ed’s Place se Mosambiekse sjef heet Fernando en hy verstaan seekos. Die spyskaart bied nege hoofgeregte en hiervan is vyf viskosgeregte.
Jy kan ook by Ed’s Place ontbyt eet of kies uit ’n goeie verskeidenheid kroeg-etes en ’n paar voorgeregte - alles teen baie billike pryse. Dié is ’n plek waar jy ’n private funksie kan hou, ’n skemerkelkie buite onder die grasdak-sambrele kan geniet, kan uitsien na ’n romantiese ete vir tweevoor ’n kaggelvuurtjie of net kan sit en luister na die Bronbergse plattelanders se kroegstories. Ed’s Place is in Garstfonteinweg-verlenging, ongeveer 12 km anderkant Woodlands Boulevard. Vir meer inligting, skakel 012-811-0912 of 082- 219-6266.
Avalon Castle
Die atmosfeer rondom Avalon Castle is een van romantiek en legendes – veral die legende van Koning Arthur en die towenaar Merlin. Dié majestueuse, 2 200 vierkante meter, drie-verdieping kasteel met sy torinkies is op 12 hektaar geleë met fonteine, ’n dam, bruggies en selfs ’n grag. Daar is ’n kristal-balsaal en stoep, ’n Afrika sitkamer en terras,’n Friar Tuck Restaurant met ’n Middeleeuse tema waar 100 gaste kan sit en Sherwoods Nagklub met ’n groot onderdak stoep wat ook sitplek vir 100 gaste bied. Avalon Castle het markiestente van verskillende groottes wat op die grasperk opgeslaan kan word, ’n kapel, twee gazebos en oorslaapplek. Dié kasteel spog ook met ’n ten-volle toegeruste gimnasium en sonbed. Avalon Castle is op die Boschkop-pad, knap voor die T-aansluiting met die R515. Vir meer inligting, kontak Deon van Heerden by 082-897-4307 of Richard Jones by 072-242-3072 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Spitbraai
Is jy lus om jou kuiergaste te bederf met ’n spitbraai-spyskaart? ‘Mobile Spitbraai Catering’ kom na jou toe met ’n tipiese spyskaart wat die volgende insluit: Top-gehalte Graad A2 lam op die spit saam met aartappels, uie en sampioene; twee slaaie, pap en sous, broodrolletjies en konfyt teen R70 per persoon, malvapoeding en roomys teen R16 per persoon, borde en eetgerei teen R6 per persoon. Tente, tafels, stoele en glase kan gereël word. Die pryse is vir ’n minimum van 40 gaste. Vir meer inligting, bel vir Kevin by 082-468-3897 of 012-993-1412 (na-ure).
Cape Town Fish Market
Cape Town Fish Market is ’n kombinasie van ’n restaurant, vismark, Teppanyaki en ‘Sushi Bar’. Die spyskaart bied ’n kombinasie van Suid-Afrikaanse en Japanese disse. Daar is ou gunstelinge soos vis en tjips, vars oesters, ongewone steurgarnaal en avokado- slaai, kerrie-seekos, Teriyaki- en Tempura-disse asook’n keuse van vleis en pluimveegeregte en vegetariese disse. Dié restaurant het ’n spesiale aanbieding tot 31 Mei –’n tweegang vasgestelde spyskaart vir R69,95. Dit sluit ’n mossel-potjie as voorgereg en ’n Calamari en Dorado kombinasie as hoofgereg in Cape Town Fish Market is in winkel 38, hoek van Von Backström en Hans Strijdomrylaan, Silver Oaks Crossing winkelsentrum. Vir meer inligting, skakel 012-809-1740 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Watercrest
Watercrest Garden Estate spesialiseer in eksklusiwiteit. Dit beteken dat geen troue, private funksie of konferensie die fasiliteite met ander mense deel nie. En dit sluit die knus akkommodasie met vyf-ster diens in. Jy en jou gaste kan in Watercrest se asemrowende tuine ronddwaal sonder om op vreemdelinge af te kom – die hele plek behoort aan julle vir die naweek, insluitende gastehuise, onthaalsaal, konferensie fasiliteite en die kapel. Watercrest het ’n teetuin wat oop is vir die publiek van Dinsdae tot Vrydae. Hier kan ’n mens ’n voorsmakie kry van die gehalte kos wat dié plek se sjefs met funksies voorberei. Watercrest is uit met Lynnwoodweg-verlenging, 17 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Vir meer inligting, skakel Sandra Venter by 012-811-0356, stuur ’n faks na 012-811-0330 of ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Om te sien hoe dit by Watercrest lyk, besoek www.watercrest.co.za.
Boma
Bronbergers weet al jare lank dat hulle nie ver hoef te soek na die beste gehalte vleis vir ’n braai of onthaalaand nie. Boma Vleismark bied nie net die gewone produkte, soos ‘steaks’ en braaiwors, wat ’n mens in’n vleismark kan verwag nie. Hulle het onlangs hul verskeidenheid tuisgemaakte kouevleis uitgebrei, asook vooraf gaargemaakte produkte soos beestong, Eisbein en gemarineerde varkribbetjie. Jagters kan ook hul wildsvleis by Boma laat bewerk. Onthou dat Boma die heerlikste biltong en droëwors maak. Boma Vleismark is nou ook in Tierpoort by die Tierpoort Winkelsentrum, Garstfonteinweg-verlenging. Kontak hulle by 012-811-0791. Boma is steeds op die hoek van Rubenstein- en Garstfonteinweg, Moreletapark. Kontak hulle by 012-998-8711.
The Naked Canvas
The Naked Canvas kan jou leer hoe om jou kuiergaste te betower deur nuwe kookkuns-geheime te bemeester. Hulle bied fynproewer kookkuns-kursusse aan waar kok Marike Slabbert jou leer hoe om kosmaak op ’n nuwe manier te benader. The Naked Canvas bied ook kunsklasse in’n wye verskeidenheid kunsvorme aan en dit is ’n plek waar jy jouself kan bederf met skoonheidsbehandelings van’n manikuur tot massering. The Naked Canvas is op plot 241, Bashewa. Dit is ongeveer 13 km van Woodlands Boulevard, uit met Garstfonteinweg-verlenging. Vir meer inligting, kontak Elke van den Berg by 012-811- 0332 of 083-206-4321 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Cupps Café
Cupps Café is ’n koffie-winkel met ’n verskil. Die grootste gros tafeltjies is buite in’n straatkafee-effek staangemaak, maar binne is ’n groot plat TV-skerm vir sportliefhebbers. Die plek is ook ten volle gelisensieer. Cupps spesialiseer in tuisgemaakte pasteie en gevulde pannekoeke, maar die spyskaart bied ’n wye verskeidenheid keuses – van pasta tot 20 kombinasies van verskillende substansiële ontbyte om van te kies. Dit is buiten die verskillende omelette en gesondheidsontbyte. Cupps Café is in winkel 33, Glen Village Noord, hoek van Hans Strijdomrylaan en Olympusweg, Faerie Glen. Vir meer inligting, bel vir Paula Shepherd by 083-417-5908 of 012-991-5383 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Merops Konferensiesentrum
Merops Konferensiesentrum is die ideale plek vir konferensies, troues, partytjies of akkommodasie. Daar is ‘hi-tech’ konferensie- fasiliteite vir 20 tot 120 afgevaardigdes, akkommodasie vir 24 mense en twee sale vir sake-ontmoetings, werkswinkels, spanbou, troues en spesiale geleenthede. Merops bied bekostigbare verblyf vir toergroepe, sake-mense en families – wat selfsorg-verblyf as keuse insluit – en eksklusiewe gebruik van die perseel. Dié plek se klip-en-grasdak geboue, asemrowende uitsig en pragtige inheemse tuine maak dit ideaal vir mense wat uit die stad se gewoel wil ontsnap. Merops Konferensiesentrum is slegs 16 km oos van Pretoria, uit met Lynnwoodweg-verlenging op plot 209, Tiegerpoort. Vir meer inligting, bel vir Regina by 083-381-4947, of stuur ’n ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Besoek Merops se webwerf by www.merops.co.za.
Casablanca Manor
Casablanca Manor bied ou-wêreldse sjarme in koloniale styl op ses hektaar bosveld- landgoed. Hier word troues, funksies en konferensies aangebied. Die eiesoortige wit koloniale kapel met sy ou kerkklok– bekend as die Glynis Ruth Colonial Chapel – akkommodeer tot 250 gaste. Elke eerste Sondag van die maand word’n buffet Sondagmiddagete aangebied op die koloniale stoep met sy uitsig oor die bosveld. ’n Kontantkroeg is beskikbaar en kinders is welkom. Hulle sal hul verstom aan die feetjie-tuin, ganse, eende en ander plaasdiere. Besprekings is noodsaaklik. Casablanca Manor is ongeveer 15 tot 20 minute buite Pretoria op die ou Pretoria / Bronkhorstspruitpad, met maklike toegang vanaf die N4. Vir meer inligting skakel 012-736-2023 of 082-772-9983 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Nkwe Park
Nkwe is op die banke van die Pienaarsrivier met pragtige rotspoele en wandelpaaie met 75 voëlspesies. Dié plek is bekend as baljaar-, vleisbraai-, piekniek- en swemplek vir dagbesoekers. Die drie-ster gegradeerde Nkwe Park het 48 staanplekke vir karavane, toegerus met elektrisiteit. As jy nie jou eie karavaan wil bring nie, kan jy een daar huur of in die self-sorg huisies bly. Die kuier-lapa met sy houtdek aan die bokant van die rotspoel bied ’n pragtige uitsig oor die rivier en is toegerus met satelliet-TV, braai- en spitbraai-fasiliteite. Daar is’n snoepie in die karavaanpark wat hout, houtskool en ys verkoop. Nkwe is in Tierpoort, 15 km vanaf Hans Strijdomrylaan uit met Lynnwoodweg- verlenging. Vir meer inligting, skakel 012-811-0095, bel vir Francois Liebenberg by 082-978-9631 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Bydi Bos
Bydi Bos is ’n kuierplek vir groot en klein - van kinderpartytjies tot funksies soos eindjaarfunksies, spanbou, konferensies en troues. Hulle het meer as een ‘venue’ om van te kies, asook verskillende pakkette. Daar is ook braaigeriewe, ’n swembad, ’n heerlike kuierplek in die bos met sy eie badkamers, kroeg en boma. Ouers kan rustig sit en kyk hoe kinders hulself moeg speel.Twee reuse sandputte met swaaie, ’n boomhuis, klimrame, twee ‘foefieslides’, twee fietsiebane met karre en ’n verskeidenheid diere maak dit ’n kinderparadys. Bydi Bos is weg van die stad se gejaag in ’n bosveld-omgewing, maar slegs 10 minute se ry vanaf Hans Strijdomrylaan op ’n plot in Donkerhoek. Vir meer inligting, kontak Cathy Botha by 072-299-9377 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Lievland
Ontdek groot bederf by Lievland. Hier kan jy ’n sonnige Sondag piekniek hou of’n maanlig piekniek; plesier perderitte met ontbyte en donkiekar-ritte met ’n veldpiekniek. Lievland bied ’n klipskuur, kapel en pragtuine vir verjaarsdae, troues, of selfs ’n doop of kombuistee, asook ’n teetuin en boma vir potjiekos, spitbraai, buffet- etes en ontbyt. Daar is ook ’n kersfabriek en mosaïek werkswinkels word gereeld aangebied. Lievland is in die Pienaarspoort/Donkerhoek omgewing, uit met die ou Bronkhorstspruitpad. Vir meer inligting bel Riana by 083-447-5364.
Leribisi Lodge
Leribisi Lodge – plek van die uil – bied jou ’n rustige hawe vir konferensies, seminare, opleidingsessies en spanbou geleenthede. Die romantiese en intieme grasdak klipkapel, pragtige tuine en visdamme, ruim onthaalsaal en sonderlinge ‘gazebo’ maak dit ’n gunsteling plek vir troues. Die restaurant bied sewe dae ’n week heerlike landelike maaltye. Kom geniet ’n skemerkelkie teen sononder en kyk hoe die uile laag oor dié plek-van-die-uil swiep. Leribisi Lodge is geleë op ’n nege hektaar eiendom op plot 82, Tierpoort. Dit is net af van Garstfonteinweg-verlenging, ongeveer 14 km van Menlyn Park. Vir meer inligting, skakel 012-811-0553.
Ndlovu Lodge
Ndlovu Lodge en restaurant is geleë teen die noordelike hange van die Bronberg met ’n uitsig na die Magaliesberg se kant toe. Dit is in ’n bewaria waar wild vrylik rondloop en die Bronberg se unieke plantegroei beskerm word. Hier kry jy rustige Afrika-atmosfeer akkommodasie, heerlike maaltye en eiesoortige areas vir funksies, troues asook die nuut toegevoegde konferensiegeriewe. Dié herberg bied elf en suite kamers, elk met ’n noordelike en asemrowende uitsig oor die bos en veld. Die restaurant kan bespreek word vir gesellige etes en eersdaags sal kuns- en musiekaande gereeld aangebied word. Die Dianne Massey Spa bied ook ’n verskeidenheid Spa-behandelings. Ndlovu Lodge is 20 minute uit die middestad uit. Ry met Lynnwoodwegverlenging en draai regs in die Zwavelpoortpad. Vir meer inligting, skakel 012-809-0432 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Shovels Pub & Braairestaurant
Shovels is ’n kuierplek waar vriende bymekaar kom en deel vorm van die Shovels-familie. Die mense sal jou vertel dat as jy nie hier ’n ‘regular’ is nie, dan word jy een na jou eerste besoek. Dié plek het selfs sy eie ‘suiplap blog’ - http://shovelspub.blogspot.com – met die slagspreuk ‘Verslaaf aan die graaf’. Shovels se spesiale aanbiedinge is T-Been met skyfies teen R49 en Jagermeister teen R8. Die kombuis is oop van 10 vm tot 10 nm. Hier is ook ’n ‘pool’ tafel, ‘live’ vermaak en ’n groot televisie-skerm. Shovels is in die Wapadrand inkopiesentrum, op die hoek van Lynnwoodweg en Wapadrandweg. Vir meer inligting, kontak Leon by 012-807-2319 of besoek www.shovels.co.za
Kitty Hawk Klubhuis
Bronbergers sal bly wees om te hoor dat Nico en Lynette Breytenbach, vroeër van Nikos Restaurant, nou bedrywig is by die Kitty Hawk Klubhuis. Lynette is vanaf 1 Mei permanent by die Klubhuis en almal wat haar heerlike Boerekos onthou, het nou ’n kans om weer daarvan te proe. Hulle spesialiseer in tradisionele geregte soos bobotie en daar is altyd ’n warm nagereg soos souskluitjies of Roly Poly. Dié Klubhuis maak die grootste T-Been in die Bronberg op Vrydae. Hulle doen ook snoek-braaie en braai kwart hoenders. Daar is ’n buffet ontbyt elke eerste Sondag van die maand. Die Klubhuis, met sy ’n vuurherd in die middel van die restaurant en lampies op elke tafel, is ’n gesellige ontmoetingsplek en is te huur vir private funksies. Hulle is elke dag oop vanaf 8 vm. Kitty Hawk Klubhuis is op die Boschkop-pad. Vir meer inligting, kontak Nico Breytenbach by 083-334-4714 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Cullinan Country Kitchen
Op die 513-roete van Cullinan na Bronkhorstspruit het Jan en Heleen van der Westhuysen ’n eiesoortige familiekuierplek geskep. Jy kan kuier en ontspan op die groot stoep, teen die agtergrond van yslike inheemse bome. Heleen berei haar geregte volgens familieresepte voor. Gaste kan smul aan geregte soos tuisgebakte brood, muffins, lewer-en-niertjies, maalvleis, eiers, jogurt en muesli en kan ’n bodemlose koffie en vrugtesap of iets uit die gesellige kroeg geniet.’n Bikers brekfis “vir bikers deur bikers” word elke Sondagoggend vanaf sewe-uur aangebied. ’n Vol ontbyt kos R50 en ’n damesporsie R30. Hulle bied ook gesellige, maar deftige funksies aan soos verjaarsdae, reünies, partytjies, vergaderings en Heleen berei die heerlikste vingeretes oor. ies jou eie spyskaart en bel haar by 083-780-6022.

Burns’ Deck en Jac’s Bar
Kom skuur skouers met geskiedenis in die kleurvolle dorpie Cullinan en besoek een van die oudste kuierplekke op die dorp, die‘Recreation Club’. Hier op die hoek van Library- en Mainweg kan jy heeldag en aldag kuier rondom die geurigste koffie en boerekos. Sondae se buffet kos R60 per persoon. Die kuierkroeg bedien kroegetes onder die toesig van Grant en Andrea. In die luukse sitkamer kan jy terugsit en jou vergadering, verjaarsdag of selfs jou troue geniet. In die groot saal is die historiese muurpanele, geskilder deur Italiaanse gevangenes, en sitplek vir 150 mense. Bel en bespreek jou spyseniering by Issie Bron - 083-291-0805.

 

© 2020 Die/The Bronberger