Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei 2011 |
|
|
News -
Het Jy Gehoor
|
Thursday, 19 May 2011 15:33 |
Untitled Document
Rand Water het op 10 Mei weer die waterdruk in die Bronberg-gebied verlaag
omdat Kungwini hulle nie betaal het nie. Kungwini raadslid, André van
der Walt, sê dat dit die derde keer in vyf maande is wat dit gebeur. Hy sê
dat die waarnemende hoof uitvoerende amptenaar van Kungwini, Sabata
Makoele, Woensdag 11 Mei met Rand Water gaan onderhandel het om die
waterdruk weer te verhoog. Blykbaar het Kungwini en Rand Water tot ’n
ooreenkoms gekom en die druk is die Donderdag weer herstel.
xxx
Angels with Hooves, a charity organisation where rescue case horses help
abused children from children’s homes, are in deep financial trouble due to
Kungwini’s resettlement of more than 2 000 homeless people on smallholdings
3 and 4, Donkerhoek. The fences were continuously cut and the horses
wandered away. The horses had to be locked in smaller camps to decrease
the risk of the hungry homeless people stealing and slaughtering them.
Angels with Hooves were thus forced to move from the Pienaarspoort
premises where they’ve been for 11 years. They’re renting new premises
and have to start building new stables and facilities, while struggling to find
a buyer for the original smallholding. This loss could have a huge effect on
the continuation of the equitherapy and rescue programme.
xxx Ons hoor dat daar binnekort professionele armdruk-kompetisies by Cullinan
se Stasie gehou gaan word. En jy hoef nie professionele arms te hê om te
kan deelneem nie.
xxx Pedro, Bull en Bush se uitgevrete, inwonende ooruil, het onlangs vir groot
konsternasie by dié plaaslike kuierplek gesorg toe hy spoorloos verdwyn het.
Dit is gevrees dat Pedro vir ewig vort is om vir hom ’n gesin op die been te
gaan bring, of erger nog, dat hy iets oorgekom het. Ná twee dae op vrye
vlerk, het Pedro egter, tot groot verligting van sy mense, doodluiters weer
opgedaag.
xxx Ons hoor Umfaan het planne om ’n nuwe kuierplek op sy Swaeltjie-plot te
maak. Hy oorweeg om dit Kuier en Kook te noem, of dalk Kook en Kuier,
afhangende van wat uiteindelik vir die gaste die belangrikste sal wees.
xxx ’n Droombestemming vir natuurliefhebbers en 4x4 geesdriftiges is die Oos-Kaaplandse Baviaanskloof. Bronbergers wat nog altyd dié asemrowende plek
wou besoek, kan nou by Piet en Griet Kruger op die geskiedkundige plaas
Zandvlakte in die kloof tuisgaan. Meer inligting op bl. 7 van hierdie uitgawe.
xxx The Green Market is at the Pretoria National Botanical Gardens on Saturday
21 May from 9 am to 2 pm. Stalls offer affordable nature-inspired gifts and
fresh food as well as live music. Entrance is free. For more information dial
083-562-5249. |
|