Mark-ondersteuners wen groot pryse Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 23 April 2008 02:00

Gee Jou Gawe Kersmark, ten bate van die Tiqwa Skool vir Persone met Gestremdheid in Willow Glen, het einde Maart die 2007 projek afgesluit met die oorhandiging van pryse.

Die wenner van die Persiese mat, ter waarde van R15 000, was MariŽtte van der Westhuizen van Arcadia. Die wenner van die Conti Quad vierwiel-motorfiets was mev L Fivaz van Meyerspark. ?n Tjek ter waarde van R10 000 is aan Tiqwa Skool oorhandig. Om by Tiqwa Skool betrokke te raak, skakel 012-807-1105.

Die liefdadigheidsorganisasie wat by die fondse van 2008 se Kersmark gaan baat vind is Alma Skool vir Leerders met Gestremdheid.


Regs is MariŽtte Basson van Mooiplaats, organiseerder, saam met MariŽtte van der Westhuizen, links, die wenner van die Persiese mat

Van links na regs staan: Werner Keyser (leerling) Vuyisile Mabena (leerling) MariŽtte Basson en Escťl Fourie, Tiqwa skoolhoof. Voor sit Tiqwa leerlinge Christie Mutidja, links, en Louise Steenkamp, regs

Van links na regs: Alex Volschenk, mede-eienaar van Spar Willow Way, wat gehelp het om ?n ekstra 200 kaartjies te verkoop, MariŽtte Basson en mev L Fivaz, wenner van die vierwielmotorfiets

 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger