Bring jou rekenaar en slaapsak Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 23 April 2008 02:00

Wat het jou rekenaar, sleutelbord, skerm en muis met jou tandeborsel en slaapsak te doen? As jy wakker bly, seker maar min. Maar as jy van Saterdagoggend 8 uur tot Sondagmiddag 4 uur ?n marathon voor die rekenaar uitspeel, het jy dalk nodig om ?n klein ou uiltjie tussen-in te knip. ?n Mens noem dit LAN. Nie die uiltjie-knippery nie ? dit wat jy en ?n groep ander mense voor die rekenaar doen. Die Bronberg het ?n klub wat elke eerste Saterdag van die maand bymekaarkom om rekenaarspeletjies teen mekaar te speel.

Dié klub het in 2004 in Centurion met ses lede begin. Vandag is daar 16 lede wie se ouderdomme wissel van 12 tot 53 en die klub het Bronbergwêreld toe getrek. Wanneer daar genoeg spelers in die ouderdomsgroep van 12 tot 17 jaar is, word daar vir hulle ?n aparte LAN Saterdag gereël. Dié klub ontmoet mekaar by Johmar Buiteklub in Garstfonteinwegverlenging met ?n slaapsak onder die arm. Hulle speel van 8 vm tot 7 nm en braai daarna vleis. Middagete word voorsien. Tog eindig die spelery maar selde na die braai en LAN die lede gereeld tot laat Sondagmiddae.

?Games? wat gespeel word strek van Battlefield, Far Cry, Hitman, World of Warcraft en Counterstrike tot Call of Duty. Daar is ?n aansluitingsfooi betaalbaar, asook ledegeld elke maand.

Elke lid kry ?n gholf-hemp met sy ?gamers? naam daarop; daar is ?n wisseltrofeë waarop elke wenner se naam gegraveer word, en pryse kan gewen word. Die klub beoog ook om teen ander klubs in die Johannesburg-omgewing te gaan kompeteer.

Die klub-voorsitter is Henrihet Benadé wat al vir drie jaar lank LAN, en wat ook ?game rekenaars? bou.

Vir meer inligting, kontak voorsitter Henrihet by 082-965-0228 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Kontak Cobus Benadé by 076-442-1910 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .


Tonele uit 'Battlefield?

Só lyk die rekenaar-oorlogvoering toernooi

Tonele uit ?Battlefield?
 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger