?As daar nie ?n leeu iewers brul of
?n luiperd rondsluip nie, moet jy
maar wonder of ek die boek
geskryf het.?
So spot Mooiplaats se Adele Reynders,
?n kunstenaar wat ?n paar jaar
gelede liefdesverhale begin skryf
het. Sy woon en werk op ?n plot in
Mooiplaats, maar haar hart behoort
aan die bos en sy bring baie
naweke deur in haar huis in Marlothpark.
Hare is juis die huis wat aan een
van haar gunsteling skrywers,
Pieter Pieterse en sy Ingelsman,
behoort het. Pieter is in 2002
wreed vermoor by hierdie huis.
Adele voor een van haar
leeu-skilderye |
Of daar iets spookagtigs aan dié
huis is, sê Adele nie. Maar miskien
is dit iets aan die huis se atmosfeer
wat haar laat begin skryf het. Een
van haar liefdesromans, Man van
vele talente? speel juis in Marlothpark
af. Dit is hier waar die heldin
?n rustiger lewe wou gaan lei om
weg te kom van misdaad af en om
leeus aan die verkeerde kant van
die wildtuin se heining te sien.
?Ten minste kan ek Farm Inn se
leeus van hier af hoor brul,? vertel
Adele van die Mooiplaats-woning
waar haar skilderye ? en natuurlik
is ?n hele paar daarvan van leeus ?
die mure vol hang.
Bos
Adele het bekend geword as kunstenaar
met ?n groot liefde vir die
bos en al sy inwoners. Behalwe vir
haar skilderye, illustrasies en sketse
van dié inwoners sal elkeen wat
ooit lapverf gedoen het, haar ontwerpe
herken.
Adele woon en werk op ?n plot in
Mooiplaats
Sy is die mens wat baie van die
bekende ontwerpe op die lappe
gedoen het wat in kuns- en handwerkwinkels verkoop word. Adele het ook stempel- en stensilontwerpe
wat in dié winkels versprei
word, gedoen en haar reekse
kaartjies is landwyd beskikbaar.
Adele het die grootste deel van
haar loopbaan aan kuns gewei en
dit is juis deur haar illustrasies vir
tydskrifte wat die skryfgogga haar
gebyt het. Haar artikels en illustrasies
het dikwels in ?Custos?,
?Toktokkie? (van die ?Wildlife Society?)
en Threads & Crafts? verskyn.
Haar droom was eintlik om ?n natuurbewaarder
in die wildtuin te
word, en dit is wat sy begin studeer
het. Sy is egter afgeraai om
dié loopbaan te volg omdat dit
blykbaar nie ?vir ?n vrou? was nie.
Illustrasies
Adele het ?n BA graad met kunsgeskiedenis
en kommunikasiekunde
gedoen en later ook grafiese kuns
aan die Technikon studeer. Voor
sy by tydskrifte beland het, het sy
vir ?n museum in Suid-Wes gewerk
en administrasiewerk by die Parkeraad
gedoen.
Adele by haar sketse van Afrika se
bosbewoners
Sy het illustrasies vir ander mense
se boeke gedoen ? soos dominee
Nico Ligthelm se boek, ?Skakerings
van emosies? ? en ook ?n geïllustreerde
gids vir Marlothpark saamgestel.
Toe die skryfgogga Adele egter byt
het sy, soos sy dit stel, met ?n
?bang? weggespring en nege
liefdesverhale in ongeveer twee
jaar geskryf. Die boeke wat reeds
beskikbaar is, sluit die volgende in: van vele talente?, ?Ompaaie na die
liefde?, ?Optelkinders van die
Maangod?, ?Die vrou in die roosbedding?
en ?n kompetisieboek
genaamd ?Vuur van verlange? wat
nou by Tafelberg Nasionale Boekhandel
wag vir uitslae.
Ontvou
Adele sê dat die verhale ontvou uit
die alledaagse dinge wat om haar
gebeur, iets wat iemand sê of selfs
uit koerantberigte. Haar vriendinne
verskyn dikwels as karakters
in haar verhale
Sy beskryf haar boeke as
liefdesromans met ?n spanningslyn,
maar noem dat
twee van die boeke as
spookstories beskryf kan
word. Kom dié spoke ook
uit haar alledaagse ervarings?
Dalk in Marlothpark?
Van Adele se boeke is by
Lapa Uitgewers beskikbaar,
maar kan ook direk
by haar bestel word by
082-323-2848. Vir meer
inligting besoek:
www.adelereynders.co.za.
Een van Adele se kaartjies
|