Kleinfontein hou kunsmark Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 23 April 2008 02:00

Kleinfontein se kultuurkomitee het op 29 Maart hul jaarlikse kunsmark gehou.

Daar was stalletjies wat dinge uit toeka se dae uitgestal het, soos historiese Afrikaanse boeke en die genealogie-uitstalling met navorsingsresultate, ou foto’s, stamboom-
plakkate en beskrywings, en foto’s van Anglo-Boere-oorlog helde.

Die Kleinfontein Wildpark het ’n uitstalling gehad van hul grassoorte, indringerplante en wildspore, en het ook ’n DVD-vertoning oor wild, voëls, veldblomme en insekte gehou.

Ander stalletjies het gestrek van skilderye, masjien- en laslappiesborduurwerk,’n mesversameling, speelgoed, plante, tuisgebak en selfs ’n demonstrasie van hoe ’n konsertina gemaak word.


Kleinfontein se kunsmark
Foto’s: Paul Bosman

Genealogie-uitstalling

.

Wildpark-uitstalling

 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger