Huurders in Zwavelpoort se bekende ‘kliphuis’ is erg omgekrap oor hulle
krag afgesny is en omdat hulle teen saktyd geglo het dat die eienaar hulle
kennis gaan gee om voor die einde van die maand uit te wees. Sommige
meen die eienaar wil van hulle ontslae raak omdat hy stoorplekke daar wil
bou. Volgens een omgekrapte huurder gaan hulle nêrens nie. Hulle meen
dit is ‘onwettig’ om hulle te wil ‘uitskop’. Dit blyk dat die krag afgesny is
weens ’n kwaai agterstallige rekening. Die rede vir die reuse rekening is glo
grootskaalse ‘diefstal’ van krag. Die kraglyn na die huis word glo jare reeds
‘getap’. Die kliphuis staan skuins oorkant die berugte plakkerskamp,
onderkant die steengroef.
xxx
Die ma raak bietjie moeg vir haar student-dogter se streke,
en gooi haar uit die huis. Blyplek is egter nie dadelik
bekombaar nie, en sy slaap maar in haar motor. ’n Week
later mag sy egter weer terugtrek. Ironies genoeg, daar bars die
geyser reg bokant die ma se slaapkamer. Plafon, hangkas, vloere, alles
daarmee heen. Die ma moet nou uittrek totdat herstelwerk klaar is. Nou ja,
sy het mos ’n motor. Haar dogter moet haar net inlig waar die beste oornagparkeerplekke
is. (Ware verhaal)
xxx
The Bronberg area is hosting a series of equestrian events that will become
bigger than the Avis Derby. The first leg of the Pro Show Jumping Series will
be held on 2 April at Burgh Equitation Centre, plot 140, Mooiplaats.
Admission to the public is free. The Pro Series is made up of three legs and
eight teams which include South Africa’s top 24 show jumping riders.
xxx
Elrine Spies, hoofsanger vir die groep Jazz Assassins en stem-afrigter, bied
vanaf 19 April twee kursusse in ons kontrei aan. Die sangkursus, ‘Born To
Sing’ word Dinsdag-aande en ‘The Songwriters Toolkit’ op Woensdag-aande
by Die Werf in Olympusrylaan aangebied. Die sangkursus fokus onder
andere op stem-ontwikkeling, mikrofoon-tegniek en improvisasie. Die liedjie-
skryfkursus spesialiseer in die skryf van kwaliteit-lirieke. Die kursusse
eindig met ’n groot konsert in Johannesburg, waarheen platemaatskappye
en agente in die bedryf genooi word. Vir meer inligting, skakel
082-621-1305 of besoek www.borntobefamous.co.za.
xxx
Liberty Stalle het laat weet dat die skoue waarvoor voorberei word die
SANEF skole-skoue is. Dit staan al vir ’n paar jaar nie meer bekend as
SANESA, soos genoem in ‘Dinge om te doen’ nie. SANEF staan vir die
‘South African National Equestrian Foundation’ wat in 1957 gevorm is deur
’n aantal perde-streekverenigings. Hulle het vandag omtrent 4 750 lede.
xxx
Op Sondag 5 Maart het Ekhuruleni Metro-amptenare by die westelike deel
van die Bapsfontein informele nedersetting opgedaag om die ongeveer
1 000 mense wat in Desember en Januarie geweier het om verskuif te
word, te verwyder. Volgens amptelike statistieke moes 3 080 van dié Bapsfontein-
inwoners geskuif word, maar volgens syfers wat deur die plaaslike
kliniek gehou word, is die aantal mense nader aan 8 000. Die skuiwery is
dieselfde Sondag tot ’n halt geroep toe ’n vroueregte organisasie ’n hof
interdik gekry het om die ‘rooimiere’ – soos die gevreesde verskuiwers
genoem word – te stop.
xxx
Shammah Huis vir Getraumatiseerde Persone in Cullinan bied op Sondag
27 Maart, as deel van hulle fondsinsamelingsprojekte, ’n spitbraai teen R50
per persoon aan. Die ete word beplan vir 12:00 en sluit slaaie en nagereg
in. Die voorafgaande spesiale erediens deur die Kerk op Wiele motorfietsryers
begin om 9 vm. Shammah Huis is ’n plek van veiligheid waar 67
mense, van klein kinders tot ou mense in rolstoele, woon en drie maaltye
elke dag kry. Vir navrae oor die ete, bel vir Babsie by 082-825-5343. |