Wapadrand hou familiedag Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 23 April 2008 02:00

Wapadrand Sekuriteitsdorp het op Saterdag 12 April ?n familie-pretdag rondom die dam by die parkie teenaan Disselboomstraat gehou.

Daar was uitstallers van handewerk, juwele, klere en kunswerke; verversingstalletjies soos bier en wyn, pannekoek en worsbroodjies en ?n spring-kasteel vir die kinders. Alle opbrengste word aangewend vir die opgradering van die parkie na ?n vriendeliker omgewing vir alle inwoners se gebruik, en spesifiek vir die woongebied se kinders.


Van links na regs is Tanika Grobler, Marné van Staden en Danielle Grobler by die dammetjie in Wapadrand se groenbelt-park

Marianne van Staden, een van
Wapadrand se eiendomsagente

Oom Jorrie, Wapadrand se terreinbestuurder, en Elrico Joseph, hoof van die veiligheidswagte, wens mekaar geluk met hul suksesvolle poging om in middel April vier gewapende rowers by Kareepark te verwilder
 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger