Cullinan se historiese‘Rec Club’
gaan omring
word deur ’n nuwe
veiligheidskompleks
en hotel-ontwikkeling
wat bekend sal staan
as Cullinan Village.
Volgens die ontwikkelaar,
Rui Ferreira
van TMM Developments
in Pretoria,
word fase een en twee direk langs
die historiese ontspanningsklub in
Mainstraat ontwikkel.
Inwoners van Cullinan is besorg
daaroor dat die karakter van die
klub, wat in 1905 gebou is, geskend
sal word.

Vooraansig van Cullinan se ?Rec Club?.
Onderhandelings tussen die belangegroepe
is nog aan die gang.
Inwoners wil ook weet hoekom
die swembad en tennisbane nie vir
die gemeenskap behou is nie.
Die ‘Rec Club’ soos mense graag
na die geskiedkundige klipgebou
verwys, lê Cullinan se mense na
aan die hart.
Dit is in 1905 vir die Premiermyn
as ontspanningsklub gebou. Oor
die jare het die klub gedien as die
bymekaarkomplek van die gemeenskap.
Die eerste ‘silent
movies’ is hier gewys. Dit is ook
gebruik as biblioteek, danssaal en
konserte vir die soldate. In die
Tweede Wêreldoorlog is die saal
oorgegee aan die YMCA sodat dit
as ontspanningsentrum vir troepe
gebruik kan word.
Die ‘Rec Club’ huisves ook die
bekende muurpanele wat deur
onbekende, Italiaanse oorlogsgevangenes
geskilder is.

Een van agt muurpanele in die ?Rec Club? se saal. Dit wil voorkom of die tonele van foto?s en poskaarte
gekopieer is, want afbeeldings van die werke van WH Coetzer en Erich Mayer is hier te sien. As iemand bevestiging hiervoor het, laat weet asseblief.
Fase een van die ontwikkeling is
noord van die bestaande gebou en
grens aan die treinspoor. Fase
twee is wes van die bestaande
gebou waar die swembad en tennisbane
was.
Die ontwikkeling bestaan uit
32 luukse eenhede van ongeveer
200 vierkante meter elk met die
ingang in Librarylaan parallel aan
die bestaande hoofingang van die
klub.

Werksaamhede gesien van laer Librarylaan met die tennishuisie regs en die ?Rec Club? se wesaansig.
Rui Ferreira is
bewus van die historiese
waarde van
die perseel en sê
hy het reeds ruimte
ingeboet om ’n
aparte ingang tot
die veiligheidskompleks
tot stand
te bring sodat die
vooraansig van die
ou ‘Rec Club’ nie
verlore gaan nie.
Om regte vir die
ontwikkeling te
verkry is ongeveer R2 miljoen gespandeer
om elektriese dienste te
opgradeer. Die hotel, met 32
kamers, is fase drie. |