Dit het al ’n hele rukkie gelede gebeur, maar ons hoor nou eers daarvan.
Die DBV het te wete op ’n goeie dag sy inspekteurs uitgestuur om te
gaan ondersoek instel by ’n bekende Bronbergse kuierplek. Hulle het ’n
klagte gekry, sê die inspekteurs toe hulle by die eetplek aankom, dat hier
skilpaaie bedien word. En dit, sê die inspekteurs, is heeltemal teen die
wet. Dit het die verstomde eienaars van die kuierplek ’n wyle geneem om
agter te kom dat een of ander goedbedoelende ignoramus geglo het die“skilpadjies” op die spyskaart is van dié soort wat met sy huisie op die rug
in die veld rondloop.
xxx
‘n Paar lede van die Mooiplaats Veiligheidsinisiatief het in die vroeë ure
van 3 April, kabeldiewe langs die Mooiplaatspad verjaag. Dis nou te
danke aan gevorderde tegnologie wat onlangs deur Telkom vir daardie
buurt aangebring is. Telkom installeer sulke tegnologie slegs in gemeenskappe
wat reeds georganiseerd is en aktief besig is om misdaad hok te
slaan. So vinnig was die lede se optrede dat die skelms nie eers kans
gehad het om die kabels te beskadig nie. Meld kabeldiefstal aan by 080-
012-4000. Die gewone 10111 kan ook gebruik word.
xxx
Visiting Bronberg watering holes during the compilation of this month’s‘kuier’ theme, we also collected scraps of info on old pub customs. In
English pubs, ale is ordered by pints and quarts. In old England, when customers
got unruly, the bartender would yell: “Mind your pints and quarts,
and settle down.” It’s where we get the phrase “mind your Ps and Qs”.
xxx
In old England, pub frequenters had a whistle baked into the rim, or handle,
of their ceramic cups. When they needed a refill, they blew the whistle. “Wet your whistle” is the phrase inspired by this practice.
xxx
Oom Koos sê dit gaan regtig nou beroerd met die land se ekonomie.
Selfs die groot helpende hand van sy bank is deesdae maar bra bewerig.
Hy bank nou al by hulle van toeka af, en nou, vir die eerste keer, is selfs
die bank in die moeilikheid. Hy weet dit, want anderdag toe hy wou geld
trek by die bank se masjien toe sê die strokie: “Onvoldoende fondse.”
xxx
Community patrols report that a black Renault Megane without number
plates is operative in Zwavelpoort – allegedly involved in burglaries.
xxx
Mense wat verlang na die lekker kuierdae toe daar nog ’n Nikos by die
Zwavelpoort sentrum was, toe daar nog ’n Zwavelpoort sentrum was,
bygesê, sal bly wees om te hoor dat Niko en sy Lynette weer volstoom
aan die gang is by Kitty Hawk se kuierplek. Moet dit net nie by die ou
Kitty Hawk se watergat gaan soek nie. Dis binne in die vliegveld-perseel.
En ja, almal is welkom. |