Dinge om te doen Print E-mail
News - Kommentaar
Monday, 24 January 2011 07:06
Untitled Document

In Februarie is dit tyd vir die vierde ‘Dinge om te doen in die Bronberg’. Ons sien saam met derduisende lesers in opgewonde afwagting uit ná die hoogtepunt in Die Bronberger en sy bedieningsgebied se jaar.

Vier jaar gelede is besluit om ‘Dinge om te doen’ as diens aan lesers en adverteerders saam te stel.

Die idee is gebore uit die magdom navrae wat Die Bronberger daagliks gekry het van mense wat wou weet waar hulle in ons gebied, byvoorbeeld, kon gaan kuier, uiteet, oornag, perdry, visvang, wildkyk, wandel, piekniek hou en dies meer.

‘Dinge om te doen’ is in 2008 die eerste keer as tema-artikel gedoen om as gids te dien van alles en nog wat waarmee mense hulle in die Bronberg-gebied kan besig hou. Dit was van meet af aan ’n reuse-sukses onder ons lesers.

Terselfdertyd dien dit as bonus-blootstelling aan ons adverteerders wat moeilik elders oortref sal kan word.

Ons adverteerders word gratis in die gids opgeneem. As deel van die tema-artikel kry hulle waardevolle, langdurige blootstelling.

Lesers raadpleeg dié uitgawe van Die Bronberger jaardeur op ’n gereelde basis. Ook adverteerders wat nie noodwendig deel vorm van ‘Dinge om te doen’ nie, vind baie baat daarby, omdat dié betrokke tydskrif ’n uitsonderlike lang raklewe het, en gereeld oopgemaak word.

Op ons webwerf, wat deesdae daagliks sowat 1 000 besoekers lok, wys die ‘hits’ dat die Dinge-om-te-doen-artikels by verre die heel gewildste item is.

Maak baie seker dat jy en jou besigheid deel in die bonusblootstelling wat ons Dinge-om-te-doen-uitgawe bied en bespreek nou jou advertensie. Dis die slim ding om te doen. Kontakbesonderhede is op www.bronberger.co.za onder Adverteer / Advertise

 

© 2020 Die/The Bronberger