Wat is die verbintenis tussen
Napoleon se graf op St
Helena en die eendedam
by die Pretoriase dieretuin? Die
antwoord het met ’n wilgerboom te
doen. Daar word vertel dat lote van
die wilg by Napoleon Bonaparte se
graf hulle pad na Suid-Afrika gevind
het deur krygsgevangenes wat in die
Tweede Vryheidsoorlog op St Helena
aangehou is.
Blykbaar het Napoleon se grafboom-lote ook ’n wilg by George
Washington se graf in Amerika laat
groei. Die loot wat by Mount Vermont
in Washington geplant is, is in
1835 aan die Verenigde State van
Amerika geskenk deur die Franse
regering.
Selfs die Aussies maak daarop aanspraak
dat die eerste wilgerboom
wat hulle land binnegekom het, van
’n loot van Napoleon se grafboom
af kom.
Dié afbeelding wys net een wilgerboom by Napoleon se graf
Foto: ’n 1858 uitgawe van L’Illustration
Dieretuin
In Rosa Swanepoel se ‘Ou Pretoria
Nuusbrief’ word daar vertel dat Dr
Brandt, ’n vorige direkteur van die
Pretoriase dieretuin, bevestig het dat
die wilgerboom by die dieretuin se
eendedam gegroei het uit ’n loot
wat Boerekrygsgevangenes van hulle
interneringskamp op St Helena huis
toe gebring het.
Napoleon is begrawe onder die
wilgerboom waar hy daagliks in die
skadu op die eiland gesit het. Jare
later het die wilgerboom by Napoleon
se graf doodgegaan en dr
Brandt het vertel dat Generaal Jan
Smuts, toe hy eerste minister was,
lote van die dieretuin se wilg terug
gestuur het na St Helena.
Hedendaagse foto’s van Napoleon
se graf wys egter geen wilgerbome
nie. Die groot ou wilg by die
dieretuin se eendedam is intussen
ook deur die wind omgewaai. Van
sy lote is weer in die dieretuin
geplant, maar dit is nie duidelik presies
waar hulle vandag staan nie.
Blykbaar is daar ook nie meer ’n
wilgerboom by George Washington
se graf nie, alhoewel lote van dié
boom dwarsoor Amerika aangeplant
is.
Die ou wilgerboom het by dié eendedam by die Pretoriase Dieretuin
gestaan
Foto: Virtual Tour Photography
Sjina
Wilgerbome val in die genus Salix
wat uit ongeveer 400 spesies, wat in
die noordelike halfrond voorkom,
bestaan. Die ‘weeping willow’, Salix
alba, kom blykbaar van Sjina en
Japan. Tog het dié uitheemse boom
’n groot rol in die Afrikaanse kultuur
gespeel met menige liedjies en
gedigte wat aan hom opgedra is.
Digters dwarsoor die wêreld het ’n wye reeks hartseer emosies aan die
wilg toegeken. Totius, in ‘Die oue
wilg’ is geen uitsondering nie. Hy
skryf: “O Wilgerboom, beeld van
my skuld! So naak en uitgetoë is
ook my siel, verarmoed en so diep
terneergeboë!”
Pierneef het dié boom verskeie kere
geskilder en daar is selfs ’n dans na
die boom vernoem. Die Wilgerboom-wals vorm deel van ’n langspeelplaat
genaamd ‘Oom Alf van
der Watt – Op die ou boereplaas’.
Ander danse op dié plaat strek van
miershoop-seties en ’n plantasievastrap
tot platrand-seties en die
kalfie-wals.
Die wilgerboom se naam duik in
baie Afrikaanse liedjies op – van die
Grafsteensangers se ‘Die Wilgerboom’
op die plaat ‘Moenie aan
pappie meer sjerrie verkoop nie’ tot
Herbie en Spence se ‘Die Wilgerboom’
wat later opgeneem is in
‘Afrikana – Tradisionele Afrikaanse
Liedjies’.
’n Afbeelding van
Napoleon se graf onder
twee wilgerbome
Foto: Pip Wilson,
Wilsonalmanac
Medisyne
Antieke tekste uit Assirië, Sumerië
en Egipte verwys na die blare en bas
van ’n wilgerboom as geneesmiddel
vir pyne en koors. In die antieke
Griekse beskawing van die vyfde
eeu VC het Hippocrates geskryf oor
die wilg se medisinale eienskappe.
Dit is later bevind dat die wilg
salisilaatsuur, die voorloper van
aspirien, bevat en gebruik kan word
om anti-inflamatoriese middels te
maak en om aarbloeding, sooibrand
en maagongesteldhede te behandel.
Wilgerhout word gebruik in die
maak van besems, krieketkolwe,
kotte, stoele, speelgoed, gereedskaphandvatsels,
fluitjies en selfs die
houtskool waarmee houtskooltekeninge
gemaak word. Tannien,
papier en tou kan ook gemaak word
van die hout en die jong latte word
gebruik om mandjies mee te vleg.
Die wilgerboom se bas bevat ’n
plant groeihormoon, ouksien, wat
gebruik word om nuwe lote te laat
wortel skiet. Die bas kan selfs gebruik
word om ’n ekstrak te maak
wat groei in ander plante sal
bevorder.
Die boom word in landbou gebruik
vir bio-filtrasie, om vleilande te konstrueer,
in ekologiese afvalwater
behandelingsisteme, om grond te
herwin en gronderosie teen te werk,
vir stroombank stabilisasie en die
stabilisering van hellings.
Pierneef se‘Wilgerboom in
somer-Tvl’
Legende
Die wilgerboom se hangende takke
vorm deel van baie mites en legendes
wat dwarsoor die wêreld vertel
word. Volgens ’n gewilde mite het
die wilg eers kiertsregop gestaan.
Die dood van twee minnaars onder
dié boom het hom so hartseer gemaak
dat hy sy takke laat hang het
en hy kon dit daarna nooit weer
regop laat staan nie.
In William Shakespeare se ‘Hamlet’
het Ophelia in ’n wilgerboom geklim
toe ’n tak breek en sy in die
rivier geval het waar sy verdrink het.
In Shakespeare se ‘Twelfth Night’
vra Viola vir Olivia om vir haar ’n
wilgerhuisie by haar hek te bou en
haar siel vanuit die huis te roep. In
Shakespeare se ‘Othello’ sing Desdemona
net voor haar dood ’n lied
wat die wilg as simbool van haar
verlore liefde uitbeeld.
In Persiese literatuur
is die woorde
‘mal’ en ‘beminde’
die erkende
byvoeglike naamwoorde
vir die
woord ‘wilger’.
Die Grafsteensangers
. |
Herbie en Spence se ‘Die Wilgerboom’ verskyn op
die Afrikana samestelling |
Towerstaf
Legendes lui natuurlik
ook dat ’n
towerstaf net van
’n wilgerlat gemaak
kan word.
In JK Rowling se
‘Harry Potter’-
reeks is daar ’n
stokou boom op
die Hogwarts
skoolgrond wat
die ‘Whomping
Willow’ genoem
word. Hy is daar
geplant om ’n
geheime gangetjie
te versteek.
Professor Remus
Luplin gebruik die
gangetjie elke volmaannag
as hy in
’n weerwolf begin
verander.
Wilgerbome word
ook gesien as ’n
simbool vir
wysheid. Hans
Christian
Andersen het in
1853 ’n storie,
‘Onder die
Wilgerboom’,
geskryf waarin
kinders vrae vir ’n
boom wat hulle
wilger-vader noem, vra.
In Disney se fliek ‘Pocahontas’ vra
Pocahontas raad by ouma Wilg.
Selfs JRR Tolkien se ‘The Lord of the
Rings’ bevat ’n karakter genaamd
‘Old Man Willow’ wat Frodo se
metgeselle vang.
Die Wilgerboom-wals vorm
deel van ‘Oom Alf van der
Watt – Op die ou boereplaas’
|