Dis nou die tyd om voorbrande te maak Print E-mail
News - Artikels
Saturday, 18 June 2016 16:15
Untitled Document

Die afsnydatum om voorbrande op jou grond onder beheer van die Welbekendse Brandbestryding-vereniging (WBBV) te maak is 30 Junie. Boetestelsels is deur die hooflanddros van Tshwane-streek bekragtig. Dié jaar gaan boetes uitgereik word vir nalatigheid as ‘n brand op jou grond uitbreek of oor jou grond beweeg en daar is nie voorbrande gemaak nie.

Die WBBV dek rofweg die bedieningsgebiede van die volgende polisiestasies: Boschkop, Bronkhorstspruit-suid en Welbekend.


Voorbrande beskerm jou eiendom teen brandskade

Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande sien jou outomaties as skuldig tot jy onskuldig bewys word as ‘n veldbrand oor jou grond beweeg. Dit maak nie eers saak of die brand op jou grond begin het of nie.

Grondeienaars wat lid is van ’n brandbestryding-vereniging, wat onder die brandwet by die Department van Landbou, Bosbou en Visserye gestig is, word egter as onskuldig beskou tot daar met redelike sekerheid in ’n siviele saak bewys is dat hulle nalatig was. 

Die WBBV se brandbestuurspan is: Voorsitter: Walter Schilling, 076-855-4112; brandoffisier: Herman van Zyl, 082-421-8043; en finansies: Sonja Cilliers, 083-260-5065. Die sekretaresse is Cher Manning.
Brandhoofde van die verskillende wyke wat om hulp en inligting gekontak kan word is:
Wyk 2: Yzervarkfontein en Klipspruit: Japie Visagie, 083-611-8404.
Wyk 3: Boschkop en Klipspruit: Ian Wallace, 083-290-6044.
Wyk 31: Boschkop: Hendrik Smit 082-742-4322. 
Wyk 4: Witpoort en Kameelzynkraal: Chris Nel, 083-704-4106.
Wyk 41: Onbekend: Ben Dreyer, 084-207-7339.
Wyk 5: Knoppiesfontein: Frikkie Jacobs, 083-425-4144.
Wyk 6: Bashewa: Piet van der Merwe, 082-888-1358.
Wyk 62: Klipkop: Andre Johnson.
Wyk 8: Vaalbank: Walter Schilling, 076-855-4112.
Wyk 81: Vaalbank: Walter Schilling, 076-855-4112.
Wyk 9: Mooiplaats, Zwavelpoort en Boschkop: Nic Woodrow, 082-924-4259.
Wyk 91: Donkerhoek en Kleinfontein: Nic Woodrow, 082-924-4259.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger