Blye kringloop bring Bronnie op Ontbytsake Print E-mail
News - Artikels
Sunday, 24 April 2016 19:21
Untitled Document

Die Bronberger was op 2 April op kykNET se Ontbytsake te siene. ‘n Insetsel op dié program het vir kykers vorige uitgawes van Die Bronberger, die Bronnie se mense, kantoor en koffietafelboek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’, gewys.

Aanbieder Dawie Roodt, wat self in die Bronberg-gebied woon, het die Bronnie se Gerhard en Angie Kleijn na die ateljee genooi om te gesels oor die tydskrif en die gebied. Hy wou weet wat die Bronnie se sukses-resep is.

Die Bronberger is een van baie min publikasies in die land wat werklik onafhanklik – sonder die geldelike ondersteuning of inmenging van enige publikasiegroep, politieke groepering of instansie die afgelope bykans 14 jaar steeds aanhou groei.

Gerhard het verduidelik dat dit ‘n geval van ‘n blye kringloop is: Ons lesers is werklik gek oor hulle gebied se eie tydskrif en die Bronnie word deeglik, gereeld en met oorgawe gelees. Ons adverteerders kry daarom goeie blootstelling en word goed ondersteun – hulle adverteer dus weer en gewoonlik gereeld.

Die Bronnie se lesers is baie lojaal, amper jaloers op hulle publikasie en hulle ondersteun ons adverteerders – sommige van hulle is ons adverteerders.

“Die inhoudmengsel is na die smaak van ons lesers en die meelewing wat ons deur briewe, besoeke en oproepe kry, het ek in my redelike lang publikasieloopbaan nog nie ervaar nie. ‘n Ou kan maar net dankie sê,” het Gerhard gesê.

Ná die Ontbytsake-program het die Bronnie heelwat oproepe en terugvoer op ons Facebook-blad ontvang. Ons deel enkeles:

Isabel Groesbeek-Bekker van Lynnwoodrif: Gerhard en Angie – Baie geluk met julle gesprek op Ontbytsake. Ek het dit geniet en ek glo dit sal nog meer lesers trek! Doe so voort!

Helgard Raubenheimer van Centurion: Baie mooi Gerhard en Angie Kleijn! Trots op julle!

Rix Prinsloo Botha van Velddrif: Dit was nou ‘n groot verrassing om julle op TV te sien! Julle was oulik hoor.

Riaan Odendaal van Durban: Baie geluk met julle optrede op Ontbytsake. Sterkte met Die Bronberger.

Magriet Kruger van Baviaanskloof: Supersterre! Baie trots op julle twee!

Liza Bohlmann van ProAgri: My eerste redakteur! Looking good.

Thariza Steyn: My vriendin Angie, jy lyk nog net so stunning soos toe ek jou 22 jaar terug leer ken het. Veels geluk met Die Bronberger en die toewyding, soos ek jou ken.

Esperance Grobler van Wapadrand: Dit was fantasties!!!!!! Ek is so TROTS!!! Well done!!!!

Paul Bosman van Kleinfontein: Julle het baie goed oorgekom.

Susan Viljoen van Alberton: My ma het my nou-net julle Ontbytsake-insetsel gewys! Sy het dit opgeneem. Oulik!

Ester Wichmann van Malawi: Vir julle gekyk Saterdag. Trots. Wens ons het meer kontak gehad.

Tania Potgieter, advertensie-verteenwoordiger vir die Bronnie: Was super-trots op die Ontbytsake-program!

Jeanette Janse van Rensburg, grafiese kunstenaar vir die Bronnie: Die kinders het dit vreeslik geniet om iemand wat hulle ken op televisie te sien. Ouma sê natuurlik julle lyk soos ‘movie stars’.

Elbie Stewart van Upington: Ek het julle gesprek op Ontbytsake gesien. Ek woon in Upington maar is oorspronklik van Pretoria. Waar kan ek ‘Toeka se Dae – Die Karakters’ koop?

Jan du Toit: Navraag aangaande ‘Toeka se Dae – Die Karakters’ soos bespreek op Ontbytsake. Meer info asseblief. Hoe bestel ek en prys?

Johan van Centurion: Ek stel belang in 'n kopie van julle boek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’, waar kan ‘n mens dit koop?

‘Toeka se Dae – Die Karakters’, die koffietafelboek gebore uit Die Bronberger se toeka-artikelreeks, kos R295, koerier- en poskostes uitgesluit. Skakel die Bronnie se kantoor by 012-734-0522 of vir Tania by 072-089-0227. Jy kan ook navraag doen by Protea Boekwinkels regoor die land. Skakel 012-362-5684.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2024 Die/The Bronberger