Gemeenskap pak berugte ‘gatpad’ Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 18 June 2021 05:31
Untitled Document

Tierpoort se gemeenskap en plaaslike sake-ondernemings het besluit om dié gebied se berugte ‘gatpad’ en ander paaie in die gebied self te herstel.

Die gatpad, wat Lynnwoodweg-verlenging met Garstfonteinweg verbind, is jare gelede reeds die ‘gatpad’ gedoop omdat daar soveel slaggate in die teer was, dat motoriste moes voortkruip om skade aan voertuie te verhoed. Inwoners sê dat die slaggate grootliks gevorm word deur die swaar vragmotors wat dié roete as ’n kortpad gebruik.


’n Nuwe laag teer vir Tierpoort se berugte ‘gatpad’
Foto:Werner Nel

Werner Nel berig dat die onlangse rehabilitasie van dié en ander teerpaaie in Tierpoort 20 dae geneem het met ’n gemiddeld van 15 werkers per dag. Hy vra dat maatskappye dié werk respekteer en hou by die vyf-ton beperking op die paaie.

 

© 2024 Die/The Bronberger