Nog ’n banier afgehaal Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 18 June 2021 05:29
Untitled Document

Nog ’n reuse advertensiebanier wat teen ’n rant langs die N4-snelweg op Donkerhoek opgerig is, is verwyder ná die Bronnie klagtes van ons lesers daaroor opgevolg het. Volgens lesers het die banier die natuur ‘geskend’. In die begin van 2017 is ’n soortgelyke banier van MTN op dieselfde plek en op dieselfde wyse verwyder. In die onlangse geval het die banier ’n organisasie sonder winsbejag, ‘ImStaying’, uitgebeeld. Dié organisasie beywer hom om Suid-Afrikaners te verenig. Volgens betrokkenes is dié banier sonder enige vergoeding aan enigiemand opgerig. Samesprekings is met die Bronnie se saktyd tussen Sanral en ander betrokke owerhede begin en dit is besluit om te wag vir die gevolge hiervan voor ons verder oor die voorval verslag doen.


Foto: Johan van der Linde

 

© 2024 Die/The Bronberger