Fokus op veldblomme Print E-mail
News - Briewe
Friday, 18 June 2021 05:17
Untitled Document

Chris Hershensohn van Garsfontein:
Eerstens, baie dankie vir u baie interessante tydskrif! Ek geniet elke uitgawe!

Etlike jare gelede het twee familielede in die Steenkampsberge van Mpumalanga begin boer. Met ons gereelde besoeke aan hulle plaas, en die wonderlike kanse wat ons gehad het om deur die natuurskone veld te stap, het ek my verstom oor die wye verskeidenheid veldblomme wat te siene is en dit het iets van ’n stokperdjie geword, om ’n fotografiese rekord te hou van elke nuwe spesies wat ek gesien het. Ek het op dié stadium bykans een honderd spesies op lêer.

Dit lyk my dat daar baie natuurliefhebbers is onder die lesers van Die Bronberger. Daar moet seker ook heelwat deskundiges wees, wat miskien ’n gereelde maandelikse ‘Veldblom van die maand’ artikel kan skryf. Hierdie is ’n uitdaging vir die Bronnie om gereeld (hopelik maandeliks) artikels oor ons plaaslike veldblomme te plaas, en dit aan ons die lesers bekend te stel. Dalk ’n foto met ’n kort beskrywing in blomtyd.

Daar is heelwat deskundiges onder Bronnie-lesers en ons sal graag in blomtyd so iets wil doen as beskikbare redaksionele ruimte dit toelaat. – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger